Geskiedkundig word die oorwinning van die Voortrekkers by Bloedrivier deur talle onpartydige historici aan drie faktore toegeskryf: die uitmuntende militêre strategie van die leier Andries Pretorius, die feit dat die Zoeloes van hulle bewese aanvalspatroon afgewyk het, en die besielende krag van die gelofte wat die Voortrekkers afgelê het.
Gelowiges kan egter nie anders as om die hand van die Allerhoogste in hierdie oorwinning te sien nie, Geen militêre vernuf of blaps, of motivering kan die onmoontlike laat gebeur, soos dit die geval by Bloedrivier was nie.
Daarom word Geloftedag nie gevier om die oorwinning van die Voortrekkers oor die Zoeloes, met die gepaardgaande bloedvergieting, te verheerlik nie. Ook nie om aan huidige Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners ‘n sin van godsdienstige meerderwaardigheid of politieke arrogansie, ten koste van ander volksgroepe, te gee nie.
Die viering van Geloftedag kan slegs relevant en sinvol wees as ons daarin die volgende sien: ‘n Almagtige God wat die hulpkreet van sy kinders hoor, en met bonatuurlike mag & krag daarop reageer, en uitkom gee waar dit menslik onmoontlik was. Ons herdenk die gelofte soadat “die eer van sy Naam … verheerlik [sal] word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee”
Dit is om hierdie rede dat daar nie plek is vir versoening op Geloftedag nie. Waarmee moet ons God se eer en roem versoen? Geloftedag is nie ‘n politieke dag nie, maar ‘n “dankdag soos ‘n Sabbat”. ‘n Dag waarop God se heerlikheid en liefde, genade en goedheid só helder skyn, dat ons wat daarna kyk, amper daardeur verblind word.
Die aflê van die gelofte was ‘n geloofsgebaar, deur gelowiges, en is dus bindend op die nageslag. In wese beteken dit dat ons in alle omstandighede, vir elke uitkoms, ons afhanklikheid van ons Hemelse Vader bely en Hom dank vir elke uitkoms. Dat ons Hom alleen sal eer as dié Een wat deure oopmaak en weë baan waar geen deur of pad was nie.
‘n Verwerking van Jackie Grobler (verbonde aan Universiyeit van Pretoria se Departement Historiese en Erfenisstudies) se artikel getiteld “‘n Gebalanseerde perspektief op die viering van Geloftedag.”, wat verskyn het in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, September 2010.
Waar dit vandag die tweede verjaarsdag is van die dag waarop ons deur die Here gelei, met die skepe Drommedaris, Reyger en De Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van ons here en meesters (Here XVII) te bou en te bestendig, en opgelet dat God die Here alle sake tot vandag toe met vele seeninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, daarom het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6de April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot ‘n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die Here wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word.
Hier staan ons voor die Heilige God van die hemel en die aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag soos ‘n Sabbat sal deurbring; en dat ons ‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal se dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.
Die burgers teenwoordig het plegtig teenoor mekaar die volgende belowe: “In die teenwoordigheid van die Almagtige God, die kenner van alle harte, na wie ons biddend opsien vir sy genadige hulp en ontferming, rig ons, die burgers van Zuid-Afrikaansche Republiek, vir ons en ons kinders, ‘n heilige verbond op en le ons ‘n plegtige eed af.
Dit is ruim veertig jaar gelede dat ons vaders uit die Kaapkolonie gevlug het om ‘n vrye en onafhanklike volk te word. Hierdie veertig jaar was jare van smart en lyding.
Ons het Natal, die Oranje-Vrystaat en Zuid-Afrikaansche Republiek gestig en drie keer het die Engelse regering ons vryheid vertrap, en ons vlag, wat ons vaders met hulle bloed en trane gedoop het, teen die grond neergehaal. Soos deur ‘n dief in die nag, is ons vrye Republiek gesteel. Ons kan en mag dit nie verduur nie.
God wil dat die eerbied vir ons vaders en die liefde jeens ons kinders vir ons voorskryf dat ons die erfpand van ons vaders ongeskonde aan ons kinders oordra.
Daarom dat ons hier bymekaar is en dat ons mekaar die hand gee, as manne, broers, plegtig belowe om trou te bly aan ons land en volk en met die oog op God saam te werk tot die dood toe, vir die herstel van die vryheid van ons Republiek. So waarlik help ons God Almagtig”
Hierna het hulle ook ‘n gelofte aan God gemaak: “As die Here ons help, en ons seen, en ons land sou terugkry, dan sal ons volk elke jaar hier kom feesvier, by hierdie selfde klipstapel, en ons gelofte kom betaal. Hierdie klipstapel is die ewige getuie daarvan.”
Volg ons op:
“Mijne Broeders en Mede-landgenoten, hier staan wij tans op een ogenblik voor een heilige God van hemel en aarde om een belofte aan Hem te beloven, als Hij met Zijn bescherming met ons zal wezen, en onze vijand in onze handen zal geven dat wijhem overwinnen, dat wij die dag en datum elke jaar als en verjaardag en een dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen; en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zullen, waar het Hem zou behagen; en dat wij het ook aan onzen kinderen zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten delen, tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten. Want de ere van Zijn Naam daaroor zal verheerlikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem zal worden gegeven”
Indien u graag wil help met die beplanning van hierdie Geloftefees, kan u gerus in kontak kom met ons deur ‘n WhatsApp te stuur na 082 350 2164 of epos info@tailorweb.co.za. Deel in die groei van ons gemeenskap en bou aan ons nalatenskap
Please Note: Business details can change. All information is published in good faith as supplied by the providers. Please check with the provider that the activity/business is still offered as described above, before making any travel plans.
Customer Support – 082 350 2164
Senekal Municipality – 051 933 9300
Police Station – 058 481 6200
© 2024 Senekal Explorer. All rights reserved.
All information gathered and site created by Tailorweb
www.tailorweb.co.za