In die hartjie van Senekal, waar die lewensritme met ‘n kenmerkende polsslag klop, lê ‘n jaarlikse viering van artistieke visie en gemeenskapsgees – die Senekal Skou se Foto-uitstalling. Hierdie jaar het die uitstalling ‘n ongekende toename in deelname beleef, met ‘n rekordgetal inskrywings van talentvolle fotograwe regoor ons dorp.
Entoesiastiese shutterbugs het die strate ingevaar en die essensie van Senekal deur die lense van hul kameras vasgevang. Van die rustige skoonheid van stillewe-komposisies tot die dinamiese energie van straattonele, elke foto het ‘n unieke perspektief op ons geliefde tuisdorp gebied.
Wat vanjaar se uitstalling besonder spesiaal gemaak het, was die tematiese fokus op stillewe en straatfotografie, wat die verborge skatte en alledaagse wonders van Senekal ten toon stel. Hierdie beelde, propvol egtheid en sjarme, sal binnekort ‘n nuwe tuiste op die Senekal Explorer-webwerf vind – ‘n digitale tapisserie wat die stories en besienswaardighede van ons dorp saamvleg.
Die Senekal Explorer-projek, ‘n voortdurende poging om die ryk tapisserie van ons gemeenskap ten toon te stel, ontwikkel steeds met elke jaar wat verbygaan. Soos die bewaarplek van hierdie boeiende beelde groei, groei ook die visie om hierdie inisiatief in ‘n lewendige gemeenskapsprojek te omskep, wat besoekers verwelkom om alles wat Senekal te bied te verken.
Met die dawerende sukses van vanjaar se uitstalling, is ons verheug om Marinus Haakman aan te kondig as die ontvanger van die gesogte 2024 Senekal Skou Foto-uitstalling-toekenning. As ‘n huldeblyk aan sy besonderse talent en toewyding, het ons ‘n digitale galery saamgestel met sy boeiende Senekal-uitstalling, wat kykers ‘n kykie in sy artistieke reis bied.
Maar die viering eindig nie hier nie – aangesien ons gretig die volgende herhaling van hierdie geliefde gebeurtenis verwag, sien ons uit daarna om die voortgesette groei van ons gemeenskapsprojek te aanskou. Kom ons skilder saam ‘n aanskoulike portret van Senekal, en nooi besoekers van naby en ver om die skoonheid en warmte wat ons dorp definieer te ontdek.
Hier volg ‘n eksklusiewe onderhoud met Marinus Haakman, hy deel sy insigte en ervarings as vanjaar se wenfotograaf vir hierdie foto:
“Iemand het gesê die foto laat dit voel asof hulle huis toe kom. Ek like dit. Op die ou end wil ek net hê mense moet na my foto’s kyk en dit geniet”
“Hallo en baie dankie vir die geleentheid. My naam is Marinus Haakman. Ek is amper 48 jaar oud en ‘n Army brat. Ek het in Namibië en Pretoria groot geword. Ek het my eerste foto geneem toe ek 10 of 11 was. Dit was die begin van my belangstelling in fotografie. So ek het gereeld my ma se kamera skelm geleen om foto’s te neem. Ek het my eerste kamera in Engeland gekoop, maar dit was eers in 2013 wat ek werklik ernstig oor fotografie geraak het. Ek het alles wat ek op die oomblik van fotografie weet geleer deur boeke te lees en om te kyk na wat ander fotograwe doen.
My eerste foto is ‘n swart en wit foto wat ek van my nefies en niggies geneem het, toe hulle vir ons in Rundu, Namibië kom kuier het. Ek was nooit rêrig van plan om foto’s te neem nie. Dit was net ‘n stokperdjie. Dit was eers in 2013 en my eerste keer in Senekal waar ek ‘n klomp foto’s geneem het, en besef het dat ek actually redelik goed is met fotografie”
Wat het jou gelok om aan die Senekal Skou 2024-fotografieuitstalling deel te neem? “Eerlik, ek was nie van plan om deel te neem nie. My pa het my die begin van die jaar vertel van die uitstalling, maar ek het besluit dat dit nie vir my was nie. Ek steeds baie onseker oor my werk en het nie gedink my werk is werklik goed genoeg vir die uitstalling nie. Selfs nadat ek met Jenne-Lee gesels het was ek nie seker of ek dit moet nie. Ek het dit letterlik tot drie weke voor die uitstalling uitgestel om die foto’s te print. Ek was van plan om net drie of vier foto’s te stuur, maar toe kon ek nie besluit watter foto’s om te stuur nie. Toe stuur ek, maar almal en die res is geskiedenis”
Kan jy die proses beskryf agter die vaslegging van die foto wat die meeste stemme by die Senekal Skou gekry het? “Ek het die foto ‘n hele paar jaar gelede geneem. So ek kan nie veel onthou van hoe dit gebeur het dat ek die foto geneem het nie. Ek verbeel my dit was 2016 gewees. Ek het my partner omgepraat om bietjie in die distrik rond te ry sodat ek foto’s kon neem. Op daai stadium was ek altyd op die uitkyk vir windpompe om af te neem. Ons het eers by die spesifieke plaas verby gery en dit was eers op pad terug dorp toe wat ek hom gemaak stop het, want daar was drie windpompe bymekaar en ek wou probeer om hulle af te neem. Ek is nie ‘n baie geduldige mens nie. So ek beplan nie my landscapes en natuur foto’s nie. Ek het drie verskillende foto’s van die windpompe geneem en aan beweeg”
Het jy enige uitdagings teëgekom terwyl jy hierdie foto geneem het? Indien wel, hoe het jy hulle oorwin? “My grootste uitdaging was seker maar die kamera. Ek het net twee lense gehad, wat ek saam met my kamera gekry het en dit was nie bedoel om foto’s wat ek probeer neem te neem nie. So ek het maar net probeer om die beste moontlike foto moontlik te kry”
Watter kameratoerusting en -instellings het jy vir hierdie skoot gebruik? “Ek het my Canon 500D met ‘n 18mm – 55mm lens gebruik. Vir editing gebruik ek Lightroom Classic. Ek gaan nie van ISO, Fstop en shutter speed probeer verduidelik nie. Want daar is tye wat selfs ek daarmee sukkel of sukkel om te verstaan”
Hoe benader jy komposisie en raam gewoonlik wanneer jy foto’s neem? “Ek dink dis ‘n moeilike ding om te probeer verduidelik. Vir die foto was daar verskillende goed wat ek in die foto wou hê. Eerstens was daar die klip muur met wat lyk soos geroeste draad op die voorgrond. Dan is daar die windpompe, in die middel. Die plaas huis en dan die landskap in die agtergrond”
Hoe voel jy daaroor om met hierdie foto as beste foto te kry by hierdie uitstalling? “Dit was ‘n baie groot verrassing. Ek het nie geweet dat mense vir die foto’s kon stem of dat daar ‘n wenner gaan wees nie. Ek het duidelik nie die inskrywing baie mooi gelees nie. Ek het net deel geneem om my foto’s vir mense te wys, want ek dink daar is baie mense in Senekal wat my die laaste paar jaar in die dorp en distrik sien rondloop het met my kamera en wat gewonder het wie die karakter is wat besig is om foto’s van alles en nog meer te neem
Ongelukkig het ek nie enige stories van die foto nie, maar ek het ‘n paar stories om te vertel van my avonture in foto’s neem in Senekal. Soos die keer wat ek in die ou begraafplaas was om foto’s te neem en ek vir my lewe moes hardloop om weg te kom van ‘n swerm bye wat my aangeval het toe ek hulle probeer afneem het. Of verlede jaar wat ‘n vrou my gekonfronteer het om dat ek die Emu’s in haar tannie se tuin probeer afneem het, en toe die sekuriteit maatskappy gebel het. Dankie tog het die ou op ‘n stadium saam met my broer by die sekuriteit firma gewerk en hy het my laat gaan met ‘n waarskuwing om versigtig te wees. Dan was daar die week wat ek half blind was omdat ek my bril iewers in Senekal verloor het, terwyl ek besig was om foto’s te neem. Of die keer toe ek die oggend van my suster se begrafnis uitgegaan het om foto’s voor die begrafnis te neem en net bietjie tyd op my eie wou wees toe ek in ‘n modderpoel geval het en vuil deur die dorp terug moes loop om weer te gaan stort”
Wat beteken hierdie foto vir jou persoonlik? “In ‘n mate herinner dit my aan my Oupa se plaas. Hy was was ‘n boer naby Lady Grey en alhoewel ek nie baie van die plaas kan onthou nie, is daar iets omtrent die foto wat my aan die tye op die plaas laat dink voor hy dit verkoop het en Lady Grey toe getrek het.” Hoe pas hierdie foto in by jou algehele werk of kunsvisie? “Ek probeer om alles wat ek sien en wat vir my interessant of anders lyk af te neem. Dis hoekom ek goed soos grafstene of kakebene of ander goed wat dalk ‘n bietjie weird is af te neem”
Hoe dink jy het jou fotografie oor die jare ontwikkel? “Ek is op die oomblik besig om deur ongeveer ‘n 100000 foto’s te werk en die verskil is groot. Toe ek die foto geneem het was ek baie onseker oor wat ek doen. So ek het foto’s geneem wat interessant was, maar ek het nie risks geneem nie. Nou eksperimenteer ek meer. Ek vat kanse en ek probeer om nader te gaan. Ek het skelm by ‘n hele paar eiendomme ingegaan om byvoorbeeld die bouvalle van nader af te neem. Dis hoekom ek byvoorbeeld foto’s van dieselfde bouvalle as deel van my inskrywings gestuur het, want ek hou daarvan om terug te gaan na plekke wat ek voorheen afgeneem het, om te sien hoe goed verander het en hoe my eie styl verander het”
Watter raad sal jy aan aspirantfotograwe gee wat hul kuns wil verbeter? “Dit gaan nie oor hoe duur jou kamera is nie. Al die kameras wat ek deesdae gebruik is tweedehands. As jy ernstig is oor foto’s neem moet jy oefen. So as jy iewers heen gaan vat jou kamera saam. Hoe meer jy oefen hoe beter gaan jy word. Neem alles af wat jy sien en volg ander fotograwe. Kyk na wat hulle doen en probeer om dit te recreate”
Kan jy ons vertel van jou gunsteling fotografieprojek of -opdrag waaraan jy gewerk het? “Ek is verlede jaar genooi om aan ’n groep uitstalling deel te neem. Die foto’s wat ek op die ou end uitgestal het, was nie die foto’s wat ek vir die uitstalling geneem het nie. Iets waaroor ek nogal baie jammer was, maar ek het vir vyf dae in Senekal by my ouers kom kuier en elke oggend vroeg uit gegaan en die dorp, distrik en Steynsrust plat geloop opsoek na bouvalle en ander goed wat net ‘n bietjie anders en ‘n bietjie weird was afgeneem. My uitstalling was op die ou end blomme gewees, maar van die foto’s wat in die uitstalling was het ek verlede jaar geneem. So ek het dit uiteindelik gebruik. Wie weet. Dalk kom doen ek nog ‘n uitstalling in Senekal”
Watter rol speel fotografie in jou lewe, beide persoonlik en professioneel? “Ek is permanent op my foon. Ek is gedurig besig om na ander fotograwe se werk te kyk op instagram en pinterest. Ek is ook op photosharing sites waar aan foto uitdagings met verskillende temas kan deelneem. Ek het net na Covid begin om foto’s by een van die parkruns in Johannesburg geneem, maar het ‘n bietjie opgehou, want was moeilik om dit vir myself interessant te maak. Maar ek begin weer die einde van April daarmee”
Buiten fotografie, wat is jou belangstellings en stokperdjies? “Ek is baie lief vir lees. Ek kan maklik ‘n boek in ‘n dag klaar lees. En ek doen so nou en dan ‘n advertensie vir tv. En my vriende. Ons kuier hopeloos teveel saam oor ‘n glasie wyn en lekker kos”
Kan jy ‘n bietjie oor jou agtergrond deel, soos waar jy vandaan kom en wat jou motiveer in die lewe buite fotografie? “Soos ek heel aan die begin gesê het, ek is ‘n army brat. Ek is in Stellenbosch gebore. Ek is ook die oudste van drie kinders. Michael is die middelste en dan was daar Mari wat in 2022 oorlede is. Ons het ‘n hele paar jaar in Namibië deurgebring. Ek het aan die Hoërskool Oos-Moot in Pretoria gematrikuleer. Daarna het ek ‘n bietjie rond geval en verskillende goed geswot en in verskillende dorpe en stede in Suid-Afrika en Engeland gebly voor ek uiteindelik Johannesburg my huis gemaak het”
Ons sien dat jou foto’s te koop is, kan jy ons bietjie meer vertel daaroor? “Ja, mense is welkom om my te kontak as hulle sou belangstel om ‘n foto of drie te koop. Ek en ‘n vriendin is besig om aan ‘n website te werk waar al die foto’s en inligting op sal wees”
Ons het ook gehoor dat jou familie baie lief is vir jou foto’s en dat daar skoon ‘n foto wat jy geneem het, gebruik is vir ‘n skildery. Vertel ons bietjie meer oor jou familie asook die insperasie vir daardie foto. “Ja, so my ouers, Jaap en Mariaan Haakman het in 2018 Senekal toe getrek en ‘n paar jaar later het my broer, Michael ook Senekal toe getrek. Van wat hulle my vertel is my ouers albei baie besig. My pa by die kerk en my ma by die aftree oord. Die skildery waarvan jy praat is ‘n foto wat ek een dag op ‘n photowalk in Johannesburg se middestad gedoen gedoen het. Dit het gereën en een van die ouens in die groep het vir almal gepose sodat ons hom kon afneem. Toevallig is die vrou wat die skildery gemaak het ook van Senekal”